SportSport

Gimmies domineer Volkies op die Astrobaan

By die eerstespan wedstryde het beide Gimmies se dogters en seuns nie 'n enkele doel afgestaan nie. 

Dit was ‘n naweek om te beleef vir Potchefstroom Gimnasium op die NWU Astrobaan teen Volkskool toe hulle al hulle wedstryde gewen het.

By die eerstespan wedstryde het beide Gimmies se dogters en seuns nie ‘n enkele doel afgestaan nie.

Die seunswedstryd was ‘n kompeterende stryd waar Gimmies met 4-0 vir Volkies geklop het. Gimmies was klinies en hul kanse benut, terwyl Volkies steeds moedig tot by die eindfluitjie geveg het.

Jan-Adriaan van Wyk behaal twee doele, terwyl André Strydom en PC Schutte die ander doele aangeteken het.

Gimmies se dogtershokkiespan wys ook hulle talent met ‘n gemaklike 6-0 oorwinning.

Volledige uitslae

Dogtershokkie:

Eerstespan: Gimmies wen 6-0

Tweedespan: Gimmies wen 6-0

o.16B: Gimmies wen 2-1

o.16A: Gimmies wen 3-0

o.15A: Gimmies wen 4-0

o.14A: Gimmies wen 7-0

Seunshokkie:

o.14A: Gimmies wen 7-0

0.16 A wen 6-0

Eerstespan wen 4-0

Gimmies se wenkapteins by die hokkie eerstespanne, Danelle Goedhals en Naldo de Jager. Foto: Andrea Visser.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button