SportSport

Harde werk en gebed die sleutels tot Gimmies se hokkiesukses

"By Gimmies is dit soveel meer as net hokkie. Ons en elke afrigter is regtig ingestel om die spelers oor die lewe te leer."

Gimmies se dogters en seunshokkiespanne was die afgelope naweek kookwater teen Volkies in die jaarlikse FNB Classic Clash wedstryde.

Gimmies se dogtershokkiespanne het slegs 1 doel afgestaan en 28 doele aangeteken in die ses wedstryde wat hulle gespeel het. In die eerstespan wedstryd het Irene Strydom ‘n driekuns aangeteken. Laetitia van Zijl, Liané Nel en Mia Hills het die ander doele vir ‘n 6-0 sege aangeteken.

Die seunshokkiespanne het in drie wedstryde geen doele afgestaan nie en 17 doele aangeteken. I ndie eerstespan wedstryd teken Jan-Adriaan van Wyk twee doele aan met André Strydom en PC Schutte wat ook die net vind.

Gimmies se dogtershokkiedirekteur en eerstespan spanbestuur, Zandrie Reynders, noem dat die geheim van hul sukses in baie harde werk en baie gebed lê.

Foto’s: Tian du Preez

“Ons het ook ongelooflike ondersteuning van ons ouers se kant af. Ek dink as ons die ouers sou toelaat sou hul ook op die hokkieveld wou wees, so gemotiveerd en ondersteunend is hul,” meen sy.

Volgens haar sit sy en die eerstespan dogtershokkieafrigter, Mitesh Makan, ook nagte om met telefoniese gesprekke om die span na die volgende vlak te neem.

Ons kyk hoe ons elke span en afrigter se dinamika kan help en hoe ons die spelers kan sterk maak met die nodige vaardighede. Ons hoof, Mnr Willie (van der Merwe) het ook altyd ‘n oor en raad om te gee as ek by hom aanklop. Mens kan sien hy het ‘n liefde vir sport en kinders,” vertel Reynders verder.

Foto’s: Tian du Preez

Nog ‘n sleutelaspek van Gimmies se sukses lê in die band en vertroue wat afrigters en spelers het.

“Ons sê altyd dat jou eerste prioriteit is om jou spelers te leer ken en hul vertroue te wen, dan is die res maklik. By Gimmies is dit soveel meer as net hokkie. Ons en elke afrigter is regtig ingestel om die spelers oor die lewe te leer. Hulle te bemagtig om lewensvaardighede te ontwikkel wat hul altyd sal kan gebruik al speel hul nie meer hokkie nie. Ons is baie kwaai, maar ook baie sag. Daar is ‘n tyd vir hard praat en ‘n tyd vir sag praat. Die kinders werk net so hard en stap altyd die ekstra myl met die regte ingesteldheid,” sê Reynders.

Volledige uitslae:

Dogtershokkie:

Eerstespan: Gimmies wen 6-0

Tweedespan: Gimmies wen 6-0

o.16B: Gimmies wen 2-1

o.16A: Gimmies wen 3-0

o.15A: Gimmies wen 4-0

o.14A: Gimmies wen 7-0

Seunshokkie:

o.14A: Gimmies wen 7-0

0.16 A wen 6-0

Eerstespan wen 4-0

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button