SportSport

Tokkies se eerstespan vier sege teen Baillie Park in rillerstryd

Beide spanne het goeie rugby gespeel, maar die tuisvoordeel met volgepakte pawiljoene was in die guns van die Tokkies. Die wipplank stryd het met die eindfluitjie 20 – 17 in die Tokkies se guns getel.

Op Donderdag, 1 Junie het die groot “interskole” laerskole wedstryd tussen Laerskool Mooirivier en Laerskool Baillie Park plaasgevind. Die wedstryd is gespeel op Laerskool Mooirivier se tuisbodem. Na ‘n seisoen van gemiddelde welslae in die Tokkie-kamp was Baillie Park beskou as die gunsteling om deur te dring na die uitspele eerskomende Dinsdag, met die verloorder wat maar op die kantlyn sal moet rugby kyk vir die res van die seisoen.

Met afskoptyd was die Tokkies op die oorlogspad en wou graag die bordjies verhang na hul verloor 12 maande vantevore in die einste kragmeting. Die klipharde stryd het van seuns, manne gemaak. Beide spanne het goeie rugby gespeel, maar die tuisvoordeel met volgepakte pawiljoene was in die guns van die Tokkies. Die wipplank stryd het met die eindfluitjie 20 – 17 in die Tokkies se guns getel.

‘n Verpletterde Baillie Park en ‘n verheugde Tokkieland wys op die passie, spangees en skooltrots wat beide spanne gemotiveer het om alles op die veld te gee. Die Laerskole rugbylandskap in Potchefstroom is beslis op ‘n gesonde plek.

Komende Dinsdag, 6 Junie, speel al nege van Tokkies se rugbyspanne van o.9-o.13 in die Noordwes Semi-finale op Olënpark in Potchefstroom.

Uitslae teen Baillie Park:

o.13A wen 20-17

o.13B Wen 18-17

o.13C wen 19-0

o.11A wen 22-0

o.11B gelykop 22-22

o.10A verloor 8-12

o.10B verloor 5-7

o.9A wen 29-0

o.8A wen 25-0

o.8B wen 15-7

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button