Oudergewoonte het Laerskool Baillies Park se boogskuts weer top prestasies by Laerskool Vastrap se Interskole Boogskietkompetisie op Saterdag, 3 Junie behaal.
Algeheel eindig Baillies Boogskiet tweede in die laerskool-afdeling met ‘n totaal van 3057.

Gerhard Maritz, een van Baillies se Graad 7 boogskuts het ‘n perfekte rondte van 50 uit 50 geskiet. Gerhard het ook die eerste plek vir junior seuns met ‘n telling van 282 uit 300 behaal.

Baillies se Welpies het ook gewys dat hulle op ‘n jong ouderdom alreeds weet waar die teiken getref moet word. Gerhard se sussie, Christelle, is weer eens bo-op die podium met ‘n telling van 282. Megan Hendrikse is tweede met ’n telling van 261, terwyl Ziané Zietsman met ’n telling van 251 die Baillie-belaaide podium voltooi.

50 telling in ‘n kompetisie wat Saterdag, 27 Mei by Wesvalia gehou is. Foto:
Verskaf
Baillies se senior boogskietspan bestaan uit: Gerhard Maritz, Divan van der Walt, David Knoetze, Daleen Enslin, Luan Erasmus, Muller Hattingh, Bendré Hendrikse, Mia Roos, Emma Coetzee, Mieke Osborn, Bea van den Berg en Suzanne van der Merwe.




