Ferdies se eerste dogtershokkiespan is as naaswenners van die Noordwesliga aangewys toe hulle in 'n verbete stryd met 4-2 teen Hoërskool Schweizer-Reneke verloor het.
Leigh-Ann Moss van Ferdies se eerste dogtershokkiespan in aksie in die NW-liga halfeindstryd wat by Curro Klerksdorp op Saterdag, 3 Junie plaasgevind het.
Ferdies se eerste dogtershokkiespan is as naaswenners van die Noordwesliga aangewys toe hulle in ‘n verbete stryd met 4-2 teen Hoërskool Schweizer-Reneke verloor het. Dit nadat hulle op dieselfde dag vir Hoërskool Wagpos van Brits geklop het. Hierdie wedstryde het verlede Saterdag, 3 Junie by Curro Klerksdorp plaasgevind.
Sodoende eindig Ferdies algeheel tweede in die Noordwesliga en spog met silwermedaljes om hulle nekke.
Foto’s: Janko Steenekamp
Leigh-Ann Moss van Ferdies se eerste dogtershokkiespan in aksie in die NW-liga halfeindstryd wat by Curro Klerksdorp op Saterdag, 3 Junie plaasgevind het.
Ferdinand Postma se eerste dogtershokkiespan is Noordwesliga naaswenners. Foto’s: Janko Steenekamp.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.