SportSport

Gimmies se eerste netbalspan dring deur na SA kampioenskappe

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan kan hulle fokus nou na die DSTV Skole Netbal Uitdaagkampioenskappe in Julie vanjaar skuif nadat hulle Saterdag, 17 Junie ‘n algehele derde plek by die Noordwes netbalkampioenskappe in Rustenburg behaal het.

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan kan hulle fokus nou na die DSTV Skole Netbal Uitdaagreeks in Julie vanjaar skuif nadat hulle Saterdag, 17 Junie ‘n algehele derde plek by die Noordwes netbalkampioenskappe in Rustenburg behaal het.

Sodoende kwalifiseer Gimmies saam met Noordwes kampioene, Hoërskool Rustenburg en Klerksdorp Hoër (KHS) vir hierdie SA kampioenskappe. Gimmies se eerstespan het al hulle groepwedstryde gemaklik gewen, voordat hulle in die halfeindstryd teen Rusties met 33- 23 die knie moes buig. Hulle het in die uitspeelwedstryd vir die derde plek met Volkies afgereken.

Die telling was 35-16  in Gimmies se guns en was soortvan ‘n herhaling van die Classic Clash resultaat in Mei vanjaar.

Dit is vanjaar die derde uitgawe van die DStv Skole Netbaluitdaagreeks waar 45 skole (5 uit elke provinsie) vir die SA-titel sal meeding.

Daar is twee strome, Botho en Ubunthu. Skole uit voorheen agtergeblewe areas word in die Ubunthu-afdeling opgedeel terwyl die tradisionele model-C skole in die Botho-afdeling deelneem. Gimmies was in 2021 die SA kampioen nadat hulle vir Menlopark geklop het.

Die 2023-groep, onder die afrigting van Louise van der Bank, sal graag weer daardie uitstekende prestasie wil ewenaar en Potchefstroom wil trots maak. Die SA kampioenskappe vind vanaf 21-23 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button