Die voormalige kaptein van Gimmies se 1ste XV gaan by die Springbokke in Nieu-Seeland aansluit.
Dit nadat Ox Nché weens ‘n besering moes onttrek. Steenekamp was in 2015 die eerstespan kaptein waar hy op agtsteman diens gedoen het. Deesdae speel hy in die voorry vir die Blou Bulle.
Hy het by die Springbokke aangesluit vir ‘n oefenkamp op Loftus waarna hy Saterdagaand Nieu-Seeland toe sal vertrek.
Volgens ‘n verklaring van die die Blou Bulle Rugby Unie het Springbok breier, Jacques Nienaber, gesê dat “dit ‘n fantastiese geleentheid vir Gerhard is om ons stelsels te ervaar en in die nasionale opset te wees. Hy was indrukwekkend vir die Bulle hierdie seisoen en hy is ‘n voormalige Junior Springbok, so ons is opgewonde om te sien wat hy na die tafel toe bring”



