SportSport

Gimmies se o.15A krieketspan klop Menlopark

Gimmies se ster met die bal in die hand was Ruhann Steenkamp wat 6/44 geneem het.

Potchefstroom Gimnasium se o.15A krieketspan het die o.15 Uplands Krieketweek op die perfekte manier begin toe hulle die Hoërskool Menlopark met 6 lopies in ‘n taai wedstryd geklop het. Gimmies se helde met die kolf in hulle beurt van 273 almal uit was Lukas Kotze wat met 90 van 104 balle uitgeblink het. Kotze het op nommer drie gekolf en sy temperament bewys met 13 viere en 2 sesse. Henré Cronjé met ‘n spoedige 41 (27) en Pienaar Heenop se 41 (35) was ook goud werd vir die Potchefstromers.

Potchefstroom Gimnasium se o.15A-span het die o.15 Uplandsweek met twee oorwinnings begin.

Gimmies se ster met die bal in die hand was Ruhann Steenkamp wat 6/44 geneem het. Bennett Keet (1/41), Jahndré Coetzee (1/33) en Cronjé (1/39) was ook ekonomies met hul boulwerk. In die tweede wedstryd klop Gimmies vir Helpmekaar Kollege gemaklik met 8 paaltjies. Helpmekaar word vir 138 uitgeboender in 42.2 boulbeurte. Keet neem 3/11 terwyl Cronjé met 3/21 en Oelrich Botha (2/28) skitter. In Gimmies se kolfbeurt maak die aanvangskolwers amok met Coetzee 50 (42) en Botha 53* (70) wat die span na ‘n puik oorwinning stuur.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button