Laerskool Mooirivier se o.13 A dogters tennisspan dra die 2023 Super 12-tenniskroon na hulle al hul kompetisie uitgestof het in Pretoria die afgelope week.
Die o.13A seunsspan van Mooirivier presteer ook en eindig derde met die bronsmedalje om hulle nekke nadat hulle vir Laerskool Pietersburg-Oos klop.
Op die algehele puntestand eindig Mooirivier gesamentlik eerste met Laerskool Constantiapark en Laerskool Rustenburg.
Hierdie toernooi, waarin 20 skole deelgeneem het en meer as 200 tennisspelers vir glorie meegeding het, was soos gewoonlik ‘n hoogtepunt op die sportkalender vir hierdie laerskole. Die toernooi het by onderskeidelik LC de Villiers, Groenkloof- en Lynnwood Tennisklub plaasgevind.

tennisspan is Super 12
wenners. Van links na regs
is Kaylin Kroon, Annabelle
van Zyl, Anabél van Pletzen
en Chanel Duarte.
Tokkies se dogters en seunsspanne het van die staanspoor wenners geslaan op die tennisspan en dit was net te veel vir hulle op opponente.
Nadat Mooirivier se dogters vir Laerskool Elarduspark, Laerskool Goedehoop en Laerskool Middelburg almal met 18-0 verslaan het speel hul vinnig klaar met Laerskool Wierdapark en wen 17-4. In die semi-finaal kom Tokkies teen mede Noordwesters, Laerskool Rustenburg te staan en wen 8-4.

Duarte, Annabelle van Zyl, Kaylin Kroon, Juvan van Pletzen, Benyamin Kriek en
Jaco Marais. Voor is Anabél van Pletzen, Alrike Hattingh, Xavier Yssel en Rickardt
Hattingh.
Hulle dring deur na die finaal teen die rooikatte van Laerskool Constantiapark te staan en wen hul moeilikste stryd (eerste tot by sewe potte) om die trofee te lig.
Die seuns het hulle semi-finaal met 4-8 teen Laerskool Rustenburg verloor, maar lig vinnig hulle koppe met hulle bronsmedalje-oorwinning.
Vroeër in die toernooi het Tokkies se seuns uitgeblink met drie oorwinnings en een gelykop-uitslag. In die eerste wedstryd teen Laerskool Elarduspark is die telling 10-elk. Daarna volg ‘n 18-0 oorwinning teen Laerskool Goedehoop sowel ‘n 16-3 oorwinning teen Laerskool Middelburg en ‘n 17-4 sege teen Wierdapark.





