Jomari Lubbe van die NWU vermy haar Maties teenstander. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
Oorwinning was stroopsoet vir die NWU se Varsitynetbalspan gisteraand (Saterdag, 26 Augustus) in Soweto toe hulle vir Maties met 50-40 geklop het.
Wat hierdie sege juis spesiaal gemaak het, is dat hulle nie net die verdedigende kampioene geklop het nie, maar ook die bordjies verhang het, na verlede jaar se nederlaag in die finaal.
Lisa Ingwersen of US and Sanmarie Visser of NWU EAGLES during the Varsity Netball match Maties v NWU Eagles on Saturday 26 August 2023 at UJ Soweto campus, JOHANNESBURG
Photo by: Christiaan Kotze/C&C PHOTO AGENCY/Asem Engage
Jomari Lubbe van die NWU vermy haar Maties teenstander. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
Sunel Smit doel van die NWU het seker gemaak haar span sit die punte op die bord. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
Sanmarie Visser was weer fantasties op verdediging. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
Tlotlang Mokomela was vol energie op die baan. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
Caitlin du Plessis is as die speler van die wedstryd aangewys. Foto: Catherine Kotze/C & C Photo Agency/Asem Engage
NWU hulpdoel, Caitlin du Plessis, is vir ‘n tweede agtereenvolgende keer as die speler van die wedstryd aangewys.
Die NWU het in die tweede helfte van die wedstryd na ‘n hoër rat geskuif en aan die einde van die derde kwart ‘n 32-25 voorsprong geniet. Dit nadat die wedstryd 18-18 na die eerste 30 minute was.
Maties het geen antwoord gehad op die NWU se momentum en spanwerk in die laaste 15 minute nie en moes toekyk hoe die dames van Potch hierdie keer groot glimlag.
Die NWU speel vanmiddag (Sondag, 27 Augustus) teen Wits om 17:00, voordat hulle Maandag (28 Augustus) teen Kovsies te staan kom. Hierdie groot wedstryd sal om 15:00 begin.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.