SportSport

Gimmies deur na eindstryd met 4-paaltjie sege teen Wollies

James Wood is as die speler van die wedstryd aangewys na sy 44 (34 balle) vir Gimmies na die oorwinning geneem het. 

Potchefstroom Gimnasium het hulle kaartjie vir die NW Skole T20 kompetisie bespreek nadat hulle vir Hoërskool Wolmaransstad met 4 paaltjies in ‘n wegwedstryd op Donderdag, 31 Augustus geklop het.

James Wood is as die speler van die wedstryd aangewys na sy 44 (34 balle) vir Gimmies na die oorwinning geneem het.

Gimmies moes ‘n beskeie 96 lopies vir ‘n oorwinning jaag, maar was vroeg in die moeilikheid op 4/2. Wood saam met Righardt Joubert (16 van 14 balle) het gesorg vir ‘n 57-lopie vennootskap om weer Gimmies in beheer te plaas.

Al het daar paaltjies op die einde geval kon die besoekers steeds die wen deurtrek en sal nou teen Volkies in die eindstryd te staan kom.

Gimmies se boulaanval was ook op goeie dreef teen Wollies met Jonathan Eybers wat 2/19 neem en Stefan Fourie wat 3/15 vat. Wollies is tot 95/9 in 20 boulbeurte beperk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button