SportSport

Volkies se openingskolwers lei eerste span na sege teen Rustenburg

Attie Liebenberg met 'n blitsige 103 (46 balle) en Ludwich Schuld met 80 (47 balle) was grootliks verantwoordelik vir Volkies se telling.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan is deur na die Noordwes T20 eindstryd na hul Hoërskool Rustenburg met 93 lopies in die half-eindstryd op Donderdag, 31 Augustus, geklop het.

Volkies het tuisveldvoordeel benut en ‘n stewige 231/5 in hul 20 boulbeurte opgestel.

Attie Liebenberg met ‘n blitsige 103 (46 balle) en Ludwich Schuld met 80 (47 balle) was grootliks verantwoordelik vir Volkies se telling.

Foto’s: Wouter Pienaar

Liebenberg het 11 viere en 5 sesse gemoker in sy honderdtal. Schuld was ook in top vorm met 7 viere en 4 sesse.

Hierdie twee kolwers het viere en sesse laat reën met ‘n 150 lopie vennootskap om die eerste paaltjie. Rustenburg se veldwerkers moes talle kere die bal in die nabye veld gaan soek.

Louis van Wyk se 14*(8) was die derde hoogste telling.

Rustenburg get nie genoeg skietgoed gehad om Volkies se telling te haal nie en eindig op 138/8 in hul 20 beurte.

Berno de Klerk (4/31) was uitstekend vir Volkies met die bal.

Volkies sal in die eindstryd van die T20 kompetisie (datum word nog bepaal) teen Gimmies te staan kom, nadat Gimmies vir Hoërskool Wolmaransstad met 4 paaltjies geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button