SportSport

Baillies se T10 Challenge gaan ‘n kleurvolle krieketfees wees

Laerskool Baillie Park bied weer vanaf 22, 23 en 25 September vir die tweede keer in hierdie skool se geskiedenis die opwindende Baillies T10 Challenge aan waar krieketspanne vanuit verskillende oorde teen mekaar in 10-beurt wedstryde op Baillie Park se krieketvelde gaan speel. Die 12 spanne wat gaan deelneem is Baillies (tuisspan), Gimmies, Volkies, Brocor, …

Laerskool Baillie Park bied weer vanaf 22, 23 en 25 September vir die tweede keer in hierdie skool se geskiedenis die opwindende Baillies T10 Challenge aan waar krieketspanne vanuit verskillende oorde teen mekaar in 10-beurt wedstryde op Baillie Park se krieketvelde gaan speel.

Jaco Vermaak, die organiseerder van die Baillies T10 Challenge gaan weer vir die skool uitdraf. Foto: Wouter Pienaar.

Die 12 spanne wat gaan deelneem is Baillies (tuisspan), Gimmies, Volkies, Brocor, Trompie, Opstal, Supreme Poultry, Musics, Cricket Company, Vescotec, The Bomb Squad en Kings. Die openingswedstryd sal Vrydag, 22 September om 15:00 plaasvind wanneer Baillies teen Volkies te staan sal kom. Die Baillies span bestaan uit Kobus Nel (kaptein), Jaco Vermaak, Rieme Redelinghuys, Jacques Botha, André Olivier, Sidney Thompson, De Witt Kotze en Antonie de Klerk.

Andries Huisamen (Volkies) moker ‘n ses teen Gimmies in die Laerskool Baillie Park T10-toernooi in 2021 Foto: Wouter Pienaar

Volgens die organiseerder, Jaco Vermaak, gaan die tweede weergawe vir dubbel die pret sorg.

“Ons sien baie uit na die kompetisie en ons glo dat dit weer ‘n groot sukses sal wees. Die spanne gaan in vier poele opgedeel word. Die top spanne van elke poel skuif dan na die semi’s en die finaal,” verduidelik hy.

Die poelwedstryde sal Saterdag, 23 September vanaf 08:00 plaasvind, met die uitspele Maandag, 25 September vanaf 07:45. Elke span sal 8 spelers op die veld hê, met 10 spelers in elke spangroep. Buiten die krieket sal daar ook vermaak op musikale vlak wees met Die Piesangskille wat sal optree en treffers soos “Lyntjie”, “Inge” en “Mal Maandagaande” sal speel.

Daar sal ook vermaak in die binnenshuise krieketnette wees vir die jongspan. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 13 jaar oud kry verniet toegang. Daar sal ook kosstalletjies wees en daar is ‘n kurkfooi van R100 per koelsak. Geen kos van buite af word toegelaat nie.

Ondersteuners kan ook hulle kampstoele bring en drie dae van opwindende krieket kom geniet. Vrydag se program lyk as volg:

  • 15:00: Openingswedstryd tussen Baillie Park en die Bomb Squad.
  • 17:00: Valskermspringers en Gelukstrekking,
  • 18:00: Piesangskille tree op.

Vir enige navrae kontak Jaco Vermaak by 067 415 7996.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button