SportSport

Potchefstroom Swemklub is Noordwes se bestes

Die Potchefstroom Swemklub pronk trots op die wenpodium na die afgelope Noordwes-swemkampioenskappe wat tydens die naweek van 23-25 September in Phokeng gehou is.

Die Potchefstroom Swemklub pronk trots op die wenpodium na die afgelope Noordwes-swemkampioenskappe wat tydens die naweek van 23-25 September in Phokeng gehou is. 36 swemmers van dié swemklub het teen 11 ander Noordwes-swemklubs deelgeneem en is bekroon as Noordwes se bestes.

Irma Kotzé het ‘n uitstekende 14 medaljes ingesamel.

Swemmers van die Potchefstroom-swemklub het 10 provinsiale rekords, 30 individuele byeenkomsrekords en vier aflos-rekords gebreek. Hierdie wenklub het daarby die uitsonderlike prestasie behaal om met ’n totaal van 154 individuele medaljes (waarvan 75 goud, 50 silwer en 31 brons) en 14 aflos-medaljes (waarvan 10 goud, 3 silwer en 1 brons) bo die ander swemklubs uit te troon.

Die Potchefstroom Swemklub is as die wenners van die Noordweskampioenskappe in Phokeng vanaf 23-25 September aangewys. Foto: Verskaf.

Potchefstroom Swemklub het altesaam 5031 punte ingesamel. Die meisies spog met ‘n totale telling van 3170 en die seuns met 1861, wat hul onderskeidelik 1ste en 3de op die punteleer plaas.
“Ek is baie trots op die swemmers se mooi prestasies en glo dat hulle toewyding en harde werk beloon is,” sê hul afrigter, Marike van Oort.

Medalje-wenners:

· Wian Bartleman (6 goud en 3 silwer)

· Deoné Borstlap (2 silwer en 1 brons)

· Kiana Borstlap (10 goue medaljes)

· Krynauw Brits (1 silwer)

· Cameron Calder (3 goud en 5 brons)

· Millay de Kock (1 goud en 2 brons)

· Alexia Delicado (1 goud, 2 silwer en 1 brons)

· Pieter-Jacq du Toit (1 goud, 2 silwer en 1 brons)

· Luan Erasmus (1 silver)

· Tiago Gomes (1 goud, 3 silwer en 1 brons)

· Madelé Harding (2 goud, 1 silwer en 3 brons)

· Henri Jonker (7 silwer en 1 brons)

· Jua Jonker (6 goud en 2 silwer)

· Irma Kotzé (14 goue medaljes)

· Lisa Kotzé (4 silwer)

· René Kotzé (7 goud, 6 silwer en 1 brons)

· Christiaan Liebenberg (1 goud, 1 silwer en 2 brons)

· Inneke Liebeneberg (2 goud, 1 silwer en 1 brons)

· Mathilda Liebenberg (1 goud, 5 silwer en 1 brons)

· Christiaan Nel (1 brons)

· Deidré Olivier (1 silwer)

· Chazél Orton (8 goue medaljes)

· Egbert Palmer (1 goud, 3 silwer en 5 brons)

· Xandri Palmer (6 goud, 3 silwer en 1 brons)

· Lisa van der Westhuizen (2 brons)

· Wilbert Vorster (2 goud, 2 silwer en 2 brons)

Individuele rekords wat gespat het is as volg:

  • Irma Kotzé (13 byeenkomsrekords en 6 provinsiale rekords)
  • Jua Jonker (6 byeenkomsrekords en 1 provinsiale rekord)
  • Pieter-Jacq du Toit (1 byeenkomsrekord)
  • Wilbert Vorster (1 byeenkomsrekord)
  • Xandri Palmer (1 byeenkomsrekord en 1 provinsiale rekord)
  • Inneke Liebenberg (1 byeenkomsrekord)
  • Kiana Borstlap (3 byeenkomsrekords)
  • Wian Bartleman (4 byeenkomsrekords en 1 provinsiale rekord)
  • Chazél Orton (1 provinsiale rekord)

Related Articles

 
Back to top button