Krieketliefhebbers kan solank 6-9 Oktober in hulle dagboeke vaspen om die grootste 50-beurt witbal kriekettoernooi in Potchefstroom te kom kyk.
Potchefstroom Gimnasium bied die eerste Izintaba Gimmies-Krieketfees aan met 18 skole wat aan hierdie roemryke toernooi gaan deelneem.
Wedstryde vind op die Gimmies Oval, Witrand Oval, NWU Oval, Ibbies Oval, Reinke Oval en Mooivallei Sportgronde, Boys High en die NWU Sokker Oval plaas.
Gimmies speel die gasheer van hierdie fees wat top skole regoor soos Affies, Marais Viljoen, Helpmekaar, Westville, Durbanville en Glenwood, onder andere insluit.
Elke span speel vier wedstryde teen opponente in dieselfde sterkte-klas.
Gimmies speel hul openingswedstryd teen Marais Viljoen om die Gimmie-Oval op Vrydag, 6 Oktober. Hul sal ook teen Helpmekaar-kollege (7 Oktober), Durbanville (8 Oktober) en Northwood (9 Oktober) te staan kom.
Sekere wedstryde sal ook op SuperSport Schools aanlyn gekyk kan word.
Bepalings:







