SportSport

Volkies se bergfietsryers skitter teen land se bestes

Zanri Grobbelaar het briljant gedoen en ‘n tweede plek in Suid-Afrika in die junior vroue-kategorie behaal.

Na ‘n puik naweek van bergfietsryaksie het Hoër Volkskool Potchefstroom se bergfietsryers vanaf 30 September -1 Oktober by die Cycle Lab Skolebergfiets provinsiale finaal by Hoërskool Wagpos in Brits, hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Op 30 September het Volkies in skoolverband gekompeteer, en op 1 Oktober in provinsiale verband in die kleure van Noordwes.

Hulle moes teen strawwe kompetsie van regoor die land deelneem. Zanri Grobbelaar het briljant gedoen en ‘n tweede plek in Suid-Afrika in die junior vroue-kategorie behaal. Sy het ook ‘n derde plek in dieselfe kategorie in skoolverband behaal. Algeheel eindig Volkies 35ste uit 90 skole.

Uitslae (provinsiaal):

Janco Stemmet: 12de in SA (Sub-Junior 14 jaar)

Tiaan de Villiers: 21ste in SA (Jeug mans 15 jaar)

Ilnè du Preez: 15de in SA (Jeug meisies 15 jaar)

Zanri Grobbelaar: 2de in SA (Junior Vroue 18/19 jaar)

Zandré Stemmet: 18de in SA (Junior Mans 17 jaar)

Uitslae (Skole):

Janco Stemmet (17de van 48)

Tiaan de Villiers (42ste van 61)

Ilnè du Preez (22ste van 32)

Zanri Grobbelaar (3de van 12)

Zandré Stemmet (29ste van 48)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button