SportSport

Lopies rol van Dragons-kolwer se wilgerlat

Raynard van Tonder is die voorste lopiemaker in die kompetisie met 256 lopies teen ‘n gemiddeld van 128, wat ‘n onoorwonne honderdtal (129*) en twee vyftigtalle in drie wedstryde insluit.

Die Noordwes Dragons kolwer, Raynard van Tonder, het vanjaar met mening sy merk in die KSA Divisie 1 Eendagkompetisie gemaak en sy kolf die praatwerk laat doen.

Van Tonder het vanjaar na sewe seisoene in die Vrystaat, noord beweeg na die Dragons vir die 23/24 seisoen. Hierdie besluit werp nou vrugte af en van vroeg af bewys hy reeds watter waardevolle en talentvolle speler hy is. Sover is hy die voorste lopiemaker in die kompetisie met 256 lopies teen
‘n gemiddeld van 128, wat ‘n onoorwonne honderdtal (129*) en twee vyftigtalle in drie
wedstryde insluit.

Raynard van Tonder het ‘n 129* (145 balle) in sy Dragons-debuut in September aangeteken.

Van Tonder, ‘n oud Grey Kollege-leerder en SA o.19 kaptein, noem dat hy op die oomblik baie selfvertroue het en goed voel oor sy kolfwerk nadat hy die afgelope paar jaar harde werk ingesit het.
“Ek is bly ek kon die seisoen met ‘n paar lopies begin, maar
dit is nog net die begin. Hopelik kan ek vir ‘n langer tydperk aanhou,” meen hy.

Raynard van Tonder tydens ‘n veldwerksessie. Foto: North West Cricket/Facebook.

Hy voel die skuif na die Dragons was die regte besluit en noem dat hy dit baie in sy nuwe
omgewing geniet.

“Die fasiliteite is baie goed, die afrigters werk ongelooflik hard om seker te maak dat hulle
ons die beste kans gee om te kan presteer. Daar is ‘n baie sterk positiewe verhouding onder die spelers, so ek sien baie uit vir wat vir die Dragons nog voorlê.”

Hierdie kolwer is ook gedurig besig om homself en sy kolfwerk te verbeter, dit is juis wat een
van sy geheime is – om daardie ekstra 1 persent te kry.

“Daar is ‘n paar goed waarop ek en coach Neil Levenson (Dragons kolfafrigter) aan werk op die oomblik. Dit sluit ‘n paar vaardighede in om meer grenshou opsies oop te maak en dan net op die basiese aspekte te fokus soos my kolfswaai, wat ‘n lang proses is en elke dag aan
gewerk word.”

Hy vertel ook dat hy baie rustig is en dit bal vir bal vat om wedstryde vir die Dragons te
wen, sonder om eksterne druk op homself te plaas om lopies
te moet maak.

“As ek op my prosesse fokus, sal ek lopies kry en dan sal insluiting vir die Proteas gebeur as die tyd reg is.”

See the English version here:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button