SportSport

Volkies klop Affies en eindig vyfde in Noord-Suid Kriekettoernooi

Volkies het in die kwarteindstryd in hierdie toernooi, wat vanaf 12-15 Oktober plaasgevind het, teen die wenners, Waterkloof, met vier paaltjies vasgeval. Hulle het wel die teleurstelling agter hul gesit, en vir SACS met 8 paaltjies en Affies met 63 lopies geklop om ‘n vyfde posisie te behaal.

Volkies se eerste krieketspan eindig die gesogte 2023 Noord-Suid T20 kriekettoernooi in Pretoria in die vyfde plek na ‘n string goeie uitslae om hul toernooi af te rond.

Volkies het in die kwarteindstryd in hierdie toernooi, wat vanaf 12-15 Oktober plaasgevind het, teen die wenners, Waterkloof, met vier paaltjies vasgeval.

Hulle het wel die teleurstelling agter hul gesit, en vir SACS met 8 paaltjies en Affies met 63 lopies geklop om ‘n vyfde posisie te behaal.

Waterkloof het vir Menlopark in die eindstryd geklop om die titel vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar te verower. Verlede jaar het hul vir Potch Volkies in die finaal gewen.

Volkies was vanjaar in poel A saam met Wynberg Boys High, Selborne College en Hoërskool Centurion.

In die eerste wedstryd klop Volkies vir Wynberg Boys High met 12 lopies. Volkies teken 156/7 aan en beperk Wynberg tot 144/9.

In die volgende groepwedstryd val Volkies vas teen Centurion met 6 paaltjies. ‘n Begeesterde 60 (21) van Rehan Lues neem die wedstryd uit Volkies se hande. Die seuns van Potch se 171/9 was nie genoeg op daardie oggend nie en Centurion behaal die teiken met 21 balle oor.

Die volgende wedstryd was ‘n moet-wen een vir Volkies teen Selborne College en hier steek Berno de Klerk sy hand op met ‘n verwoestende 112* (51 balle) wat 12 viere en 6 sesse insluit. Louis van Wyk maak ook ‘n blitsvinnige 78 (45 balle) met 7 viere en 4 sesse agter sy naam. Sodoende stel Volkies ‘n massiewe 240/3 op. Selborne College probeer hard met 196 almal uit, maar Volkies vat die oorwinning met 44 lopies om hul plek in die kwarteindstryd te bespreek.

De Klerk (3/41) en Dian Liebenberg (2/31) is Volkies se top boulers in ‘n wedstryd wat die kolwers gedomineer het.

Teen Waterkloof was Volkies se kolwers wel nie op hul beste nie en word vir slegs 92 in 16.2 boulbeurte uitgeboul. Louis van Wyk (19 van 15 balle) is die hoogste lopiemaker. Klofies se Ruan van der Vyfer (3/12) vier fees met die bal. Volkies se boulers veg moedig met Olefa Padi (3/20) wat skitter, maar hul kan nie so klein teiken verdedig nie.

In die uitspeelwedstryde vir die 5de tot 8ste plekke kom Volkies teen SACS te staan. Hier maak Volkies se kaptein, Ludwich Schuld vir die eerste keer in die toernooi sy stem dik met ‘n fantastiese onoorwonne 101* (62 balle) om sy span in die lopiejaagtog na ‘n oorwinning te neem. Volkies moes 186/5 jaag en danksy Schuld en Attie Liebenberg (42 van 25 balle) se kolwe kry hul dit reg om die teiken met 8 balle oor en 8 paaltjies in die sak, te behaal.

Volkies se laaste wedstryd is teen Affies en hier wys die Potchefstromers hul klas met ‘n 63-lopie sege.

Volkies maak 189/5 met Berno de Klerk (50 van 28 balle) en Kobus Pienaar (63 van 30 balle) wat die wilgerlat swaai.

De Klerk is ook aan die brand met die bal en kry ‘n paaltjie met die eerste bal van Affies se beurt toe hy vir Lukas Janse van Rensburg vir ‘n nulletjie terugstuur. Daarna boul hy ook vir Vihan Pretorius vir 9 voordat hy seker maak dat Janco Purchase vir 48 uit is.

Na Purchase uit is toe kon Volkies die laer kolforde vinnig uitknikker met Padi wat (4/17) neem.

Algeheel was Volkies se kolwers in uitstekende vorm, behalwe in die kritieke stryd teen Waterkloof toe die Pretorianers bewys het hoekom hul kampioenmateriaal is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button