SportSport

Talentvolle o.14 tennisster lig SA Junior Meesterstitel

In vyf wedstryde verloor Jahnie van Zyl nie 'n enkele stel nie en staan net 14 potte af. 

Die talentvolle plaaslike tennisster, Jahnie van Zyl, het nog ‘n titel op haar indrukwekkende kerfstok geplaas toe sy die SA Junior Meesterskampioenskappe in die dogters o.14 kategorie verower het.

Die SA Junior Meesterskampioenskappe het vanjaar in Kaapstad vanaf 13-15 Oktober plaasgevind. In hierdie toernooi speel die land se top agt spelers teen mekaar in o.12, o.14, o.16 en o.18 ouderdomskategorieë.

Jahnie van Zyl is die wenner van die 2023 TSA Junior Meesterskampioenskappe.

Die eerste gekeurde Van Zyl van die Riaan Venter Tennisakademie klop Jenna Theron 6-0, 6-2, Lonwabo Majeke 6-0, 6-2, sowel as Gitta-mè Victor met 6-2, 6-1 oortuigend in die poelfase. In die halfeindstryd klop hierdie leerder van Potchefstroom Gimnasium vir Roxy Bredenkamp met 6-4, 6-2.

Die finaal is ook eensydig met Van Zyl wat vir die tweede gekeurde Alicia Taylor met 6-0, 6-1 kafdraf. In vyf wedstryde verloor sy nie ‘n enkele stel nie en verloor net 14 potte.

Van Zyl het vanjaar ‘n uitstekende seisoen waar sy ook sy die SA o.14 titel verower het en ook naaswenner in die Afrika Junior Tenniskampioenskappe is. Sy is ook die nommer een gekeurde speler in Afrika en het ook in Frankryk ‘n toernooi-sege behaal.

Ander spelers van die Riaan Venter Tennisakademie, Reuben de Klerk en Kaitlyn Ramduth is ook wenners in hulle onderskeie ouderdomskategorieë by die Junior Meesterskampioenskappe.

Roxy Bredenkamp, Gitta Victor, Juvan van Pletzen, Hlumi Kekana en Michael Bell het ook die Riaan Venter Tennisakademie tydens hierdie gesogte toernooi verteenwoordig.

Dogters-wenners:

Onder-18: Kaitlyn Ramduth

Onder-16: Donna le Roux

Onder-14: Jahnie van Zyl

Onder-12: Megan van Vuuren

Seuns wenners:

Onder-18: James Hart

Onder-16: Reuben de Klerk

Onder-14: Dehan van Deventer

Onder-12: Nicholas Kruger

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button