SportSport

Tokkies wys skopboksvernuf oorsee

Drie skopboksers van die KFA Martial Arts klub in Potchefstroom het Suid-Afrika oorsee met lof verteenwoordig en medaljes terug gebring.

Drie skopboksers van die KFA Martial Arts klub in Potchefstroom het Suid-Afrika oorsee met lof verteenwoordig en medaljes terug gebring.

Ryno van den Berg, Wico Cato en Heinru Cato, wat ook al drie leerders in Laerskool Mooirivier is, het hul land onderskeidelik by die Flandersbeker in België op 23 September en die Italiaanse Skopboks Wêreldbekertoernooi en die Italiaanse Ope-toernooi in Italië vanaf 27 September – 1 Oktober verteenwoordig.

Heinru behaal ‘n 3de plek by die Flandersbeker. Wico vat ‘n 5de plek by die Flandersbeker en Ryno  neem ‘n 3de plek by die Italiaanse Ope.

Hierdie drie is deel van 10 skopboksers wat Suid-Afrika verteenwoordig het. Daar was altesaam 45 lande en oor die 2000 atlete wat deelgeneem het aan die Italiaanse Sklopboks Wêreldbekertoernooi.

Verder behaal Ryno ‘n 5de en 8ste plek by die Flandersbeker. Hy behaal ‘n 5de plek en ‘n 9de plek in Italië. Wico behaal ook ‘n 9de plek by die Flandersbeker. Hy behaal ook 2x17de plekke (uit 29) in Italië. Heinru behaal verder ‘n 5de plek by die Flandersbeker. Hy behaal ook ‘n 9de en 17de plek (uit 26) in Italië.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button