Video: Emmies wys Bokkoors met hul eie Wêreldbeker-eindstryd
Laerskool M.L. Fick se onderwysers het hope gees gewys toe hulle gister (Vrydag, 27 Oktober) as die Springbokke en All Blacks hul eie 2023 Rugbywêreldbeker eindstryd voor die skool se leerders gespeel het.
Die "All Blacks" en "Springbokke" meet kragte op M.L. Fick se rugbyveld. Foto: Videoskermgreep.
Laerskool M.L. Fick se onderwysers het hope gees gewys toe hulle gister (Vrydag, 27 Oktober) hulle eie 2023 Rugbywêreldbeker eindstryd voor die skool se leerders gespeel het.
Een groep onderwysers was die Springbokke met ‘n ander groep wat die All Blacks verteenwoordig het. Die onderwysers het dit so realisties as moontlik gehou en ook ‘n Haka voor die wedstryd ingewerk.
Emmies se Springbokke lig die “Wêreldbekertrofee”.
Die aksie was uit die boonste rakke met die onderwysers wat sake vir hul lande in die wedstryd uitgespook het.
Die “All Blacks” en “Springbokke” meet kragte op M.L. Fick se rugbyveld. Foto: Videoskermgreep.
Na ‘n rillerstryd het die “Springbokke” met mnr. Heyns Deacon (skoolhoof) en mnr. Divan Visser (onderhoof) in groen en goud, die wedstryd gewen en die beker gelig.
Dalk was dit net ‘n perfekte voorskou van wat vanaand tussen die Springbokke en All Blacks gaan gebeur – alles Bokondersteuners hoop vir daardie perfekte uitslag.
Kyk die video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.