Die talentvolle Potch Volkies aanvangskolwer, Ludwich Schuld, het met 117 lopies alreeds op die eerste dag van die o.19 Khaya Majola Krieketweek in Makhanda, sy stempel afgedruk.
Schuld is een van Noordwes se ster spelers in vanjaar se o.19 Khaya Majola Krieketweek. Sy honderdtal teen Kei op Saterdag, 16 Desember, was die perfekte manier om weer sy hand vir SA Skolespan keuring op te steek. Hy het in 2022 die SA skolespan as graad-11 leerder behaal en hy kan weer vanjaar hierdie eer kry as sy vorm enige indikasie is.
Schuld het saam met Mohammed Bulbulia (115) gesorg dat Noordwes se o.19 seuns 317/4 aanteken.
Kei het toe soos ‘n ry dominoes geval en is vir slegs 25 uitgeboender.
Sodoende wen Noordwes met 292 lopies.
Tumelo Makume neem 3/3 en Xavier van Rensburg van Gimmies vat 2/12 met die bal.
In Noordwes se volgende wedstryd op dag 2 (Sondag, 17 Desember) slaan Schuld ‘n 50 in Noordwes se 4-paaltjie nederlaag teen Mpumalanga.
NW word vir 165 uitgeboul, met Mpumalanga se Luke Poisson wat met 4/29 spog.
Poisson volg dit op met ‘n onoorwonne 66 om sy provinsie na oorwinning te lei.