SportSport

Volkies se boulers tem vir Nelspruit in Finsbury A-liga

Dian Liebenberg (3/25) in 10 boulbeurte, Olefa Padi (2/19) in 8.5 boulbeurte en Eduan van der Merwe (1/4) in 9 boulbeurte wys hul vaart met ekonomiese boulsyfers.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan het teen ‘n sterk Hoërskool Nelspruit span op Saterdag, 27 Januarie by Midstream College bewys dat hul nie lig gereken kan word nie.

Volkies boul Nelspruit vir 126 almal uit en behaal die teiken met sewe paaltjies en 28 boulbeurte oor. Dit is veral Volkies se draaiers wat skade maak.

Dian Liebenberg (3/25) in 10 boulbeurte, Olefa Padi (2/19) in 8.5 boulbeurte en Eduan van der Merwe (1/4) in 9 boulbeurte wys hul vaart met ekonomiese boulsyfers.

Dian Liebenberg (3/25) was weer eens puik met sy draaiballe. Foto: Wouter Pienaar.
Eduan van der Merwe het 9 boulbeurte vir slegs vier lopies afgestuur. Foto: Estie van Wyk.

Volkies maak korte mette van die teiken met Louis van Wyk (35 van 39 balle) en Ruan Smit (41* van 48 balle) wat die voorste lopiemakers vir die Potchefstromers op die dag was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button