‘n Doelgerigte 178-lopie venootskap tussen Caiden Seleka (122 van 112 balle) en James Wood (82 van 116 balle) het Gimmies op Saterdag, 27 Januarie na ‘n oortuigende 202-lopie sege teen Hoërskool Monument op die Gimmies-Oval gelei.

Gimmies was gans te sterk vir Monnas in hierdie Finsbury B-liga kragmeting met beide hul kolwers en boulers wat die besoekers met hulle sterte tussen die bene huiswaarts stuur.
Seleka was op sy beste ‘n goed berekende beurt waar hy die gapings in die veld gevind het, sowel as 10 viere en ‘n ses geslaan het.

Foto: Wouter Pienaar.
Wood het ook vir Seleka goed bygestaan met ‘n skitterende beurt van 82.
Dit was veral nodig om anker te slaan nadat hulle vir Tommie Botha vir 13 verloor het en op 39/2 gestaan het.

Gimmies bereik 288/9 in 50 boulbeurte, wat op die ou einde hopeloos te veel lopies vir Monnas was. Monument word vir slegs 86 in 23.1 boulbeurte uitgeboul.
Botha behaal 4/22 in 10 boulbeurte in ‘n puik boulvertoning van die hele span.



