Sport

Klerksdorp verloor moedige stryd teen Hugenote

Hoërskool Klerksdorp, die nuwelinge in die NWU prestigereeks het hard geveg maar moes uiteindelik op 16 Maart die knie 24- 19 teen Hugenote Springs buig. 

Hoërskool Klerksdorp, die nuwelinge in die NWU prestigereeks het hard geveg maar moes uiteindelik op 16 Maart die knie 24- 19 teen Hugenote Springs buig.

Volgens Piet von Wielligh, Hoof van die rugby akademie en afrigting, het Klerksdorp ‘n baie groot pak voorspelers wat die skrums en die lynstane gedomineer het.

“Ons agterlynspel was nie sleg gewees nie, ons het net baie kanse laat glip om punte aan te teken. Hulle het ons ook onder baie druk gesit in ons eie kwartgebied. Ons sal moet werk aan ons ‘exit strategy’,” het Von Wielligh gesê.

Klerksdorp se blou skool het die vorige week gelykop teen Heidelberg Volkies gespeel. In die volgende rondte kom hulle op 6 April teen Noordheuwel te staan. Dit gaan ‘n moeilike wedstryd vir KHS wees. Noordheuwel sal waarskynlik vol sterkte wees nadat hulle in hulle eerste NWU reeks wedstryd teen Hugenote verloor het. Dit terwyl die Krugersdorpers ook by Oakdale gaan speel het.

Vir meer rugby nuus:

 

Local Rugby Hub

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button