Sport

Wessies skok Rustenburg tydens NWU prestigereeks

Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp het vir 'n opskudding veroorsaak nadat hulle eerstespan 18-18 gelykop teen 'n sterk Rustenburg span gespeel het. 

Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp het vir ‘n opskudding veroorsaak nadat hulle eerstespan 18-18 gelykop teen ‘n sterk Rustenburg span gespeel het.

Op 16 Maart tydens die tweede rondte van die NWU prestigereeks het die manne van Klerksdorp hulleself as aanspraakmakers aangekondig nadat hulle met Rusties gelykop gespeel het. Min mense buite die Wesvalia kringe sou hulle ‘n kans teen Rustenburg gee.

Tog het die Bruin Bere baie mense verstom met hulle durf en gees op die aanval. Rustenburg wat vanjaar in die Noordvaal Afdeling 1 beker speel, sou beslis wou beter doen. Tog kan die vernuf en gees van Wesvalia nie betwyfel word nie. As  ‘n paar skoppe oor gegaan het, het Wesvalia dalk die wa deur die drif getrek.

“Ons was baie ongelukkig om nie die wen te gekry het nie. Mense sal sê dit is ‘n opskudding maar ons het in die wedstryd in gegaan met die geloof dat ons veronderstel is om die wedstryd te wen,” het Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia gesê.

Wesvalia se volgende toets in die NWU prestigereeks sal na die vakansie op 6 April wees. Hulle sal dan vir Oosterlig van Boksburg op tuisbodem aanvat, voordat die uitspeel wedstryde begin.

Vir meer rugby nuus:

 

Local Rugby Hub

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button