Arende kry brutale oorwinning teen UJ
Marvelous Mashimbyi, het sy naam vol gestaan en het 'n titaniese vertoning gelewer deur vier van sy span se drieë te gaan druk.
Die NWU Arende het Dinsdagoggend, 19 Maart, hulle Varsitybeker wedstryd wat Maandagaand, in Johannesburg uitgereën het oor gespeel.
Die Potchefstromers het ‘n brutale vertoning met die voorspelers gelewer om 49 – 12 te wen. Marvelous Mashimbyi, het sy naam vol gestaan en het ‘n titaniese vertoning gelewer deur vier van sy span se drieë te gaan druk.
Volgens Burger Van der Westhuizen, hoofafrigter va ndie NWU, was dit ‘n ‘scrappy’ waar die voorspelers die tou getrek het.
“Ons het genoeg gedoen om te wen en ons verdediging was baie beter,” het Van der Westhuizen na die tyd gesê.
Met dié bonuspunt oorwinning skuif die NWU op na tweede op die punteleer. Hulle is nou slegs twee punte agter Shimlas met twee wedstryde oor. Maties en UCT is ook net twee punte agter die NWU, die kompetisie is steeds op ‘n messepunt, geen span gaan in die twee oorblywende wedstryde ‘n fout wil maak nie.
Die Arende speel volgende week, 25 Maart, teen CUT in Bloemfontein voor hulle vir UCT op tuisbodem, vir die laaste poelwedstryd op 8 April aanpak.



