Sport

Emmies netbal aan die brand

Dié span is nog onoorwonne nadat hulle met Baillie Park, David Brink, Goudkop, Lahoff en nou Mooirivier afgereken het.

Emmies se eerste netbalspan speel vanjaar die bane aan die brand.
Die Emmies dogters het Dinsdag, 7 Mei hulle vyfde agtereenvolgende wedstryd gewen. Dit was dalk een van hulle groter toetse tot dusver toe hulle teen ‘n sterk Tokkiespan te staan gekom het, maar met durf en goeie vaardighede het die Emmies 23 – 12 as wenners uit die stryd getree.
Dié span is nog onoorwonne nadat hulle met Baillie Park, David Brink, Goudkop, Lahoff en nou Mooirivier afgereken het.
Volgens Annemarie Kleingeld, hoofafrigter van die span, is sy baie trots op haar dogters.
“Die verdediging was veral baie goed. Daar lê nog een ligawedstryd voor, waaroor ons baie opgewonde is en dan sien ons ook uit na die Noordwes finaal,” het Kleingeld gesê.

Related Articles

 
Back to top button