Sport

Tokkies trap vas teen Vastrap

Dit is duidelik dat Tokkies nie vanjaar gaan gelukkig wees met 'n silwermedalje in die Noordwesliga nie.

Tokkies het Disndag, 7 Mei, ‘n groot stelling gemaak, en waarskuwingskote vir ander spanne gevuur nadat hulle ‘n altyd sterk Vastrap, met 46 – 7 oorwin het.
Dit is duidelik dat Tokkies nie vanjaar gaan gelukkig wees met ‘n silwermedalje in die Noordwesliga nie.
Die eerstespan het die beste rugby van die hele jaar nog gespeel.
Ons het aan die begin atlete gehad wat nie kon speel nie en beserings wat seuns uitgehou het,” het Jackie Golden, rugbyorganiseerder van Tokkies gesê.
Volgens hom het Tokkies sommer van die begin af, die Rustenburgers voor gekarnuffel.
“Ethan Fourie, het baie goed gespeel, ek dink die die outjies wat by die Luiperds ingekom het, het baie selfvertroue gekry. Daar was geen fase van die wedstryd waar ons gedink het ons gaan dit nie maak nie,” het Golden gesê.
Volgens hom het Tokkies verlede jaar al hulle wedstryde teen Vastrap verloor behalwe een. en vanjaar het hulle ses uit 11 gewen. “Mooirivier se rugby is besig om mooi op te tel. Die afrigters werk baie hard en is ongelooflik toegewyd.
Ons eerstespan is nou besig met sy opmars vir die Noordwesliga,” het Golden gesê.

Related Articles

 
Back to top button