SportSport

Volkies onder top 8 in Noordvaal sewes kompetisie

Volgens Mighael de Beer, afrigter van Volkies se o.17s, was dit 'n lekker toernooi waar die seuns goeie blootstelling gekry het. 

Volkies het die afgelope naweek aan die Noordvaal sewes-toernooi deelgeneem.

Die toernooi bring die beste sewes spanne van binne die Noordvaal vir ‘n naweek van opwindende sewes toernooi bymekaar. Die Luiperds het vanjaar die toernooi aangebied, die o.17 spanne het op Volkies se velde gespeel en die o.15 spanne het almal op Gimmies se velde gespeel.

Beide Volkies se o.17 en o.15 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Volkies se o.17 span het hulle poel wat Zwartkop, Dinamika en Pietersburg ingesluit het gewen om in die beker kwarteind rondte te speel.

Volkies het die kwarteindrondte teen Noordheuwel verloor waarna hulle na die plaat halfeindrondte gegaan het. Hulle het ongelukkig teen Klerksdorp (KHS) vasgeval.

Volgens Mighael de Beer, afrigter van Volkies se o.17s, was dit ‘n lekker toernooi waar die seuns goeie blootstelling gekry het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button