SportSport

Potchefstromers blink by driekamp kampioenskappe uit

Beide Minke Bester en Nico Swart het gekwalifiseer om Noordwes by SA Jeugdriekampkampioenskappe in Benoni op 16 Maart te verteenwoordig.

Die Noordwes driekampkampioenskappe is op Saterdag 1 Februarie in Orkney gehou.

Atlete was almal verheug dat die higiënegehalte van die Vaalrivier uitstekend was, wat die swembeen moontlik gemaak het. Ten spyte van die hittegolf het Potchefstroom-atlete baie goed gevaar:

Die Supersprint-kategorie is vir atlete van 12 tot 15 jaar en behels ‘n aaneenlopende 400 m swem, 10 km fietsry en 2,5 km hardloop. Minke Bester van Hoërskool Gimnasium was die algehele wenner van die vroue kategorie sowel as die wenner van die o.15-meisies-ouderdomsgroep. Nico Swart van Volkskool was die wenner van die mans kategorie en o.15 seunskampioen. Beide Minke en Nico het gekwalifiseer om NW by SA Jeugdriekampkampioenskappe in Benoni op 16 Maart te verteenwoordig.

 

Nico Swart

Die naelloopkategorie bestaan uit ‘n aaneenlopende 750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop. Potchefstromer Johannes Gouws het sy ouderdomsgroep in die naelloopdriekampwedloop gewen.

Mariette Hitge het ‘n 1500 m swem, 40 km fietsry en 10 km hardloop in die Standard Olimpiese afstandkategorie aangepak. Sy was die derde dame algeheel en het haar ouderdomsgroep gewen

Die SA Driekampkampioenskappe vind op 16 Maart by Ebotse Landgoed, Benoni plaas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button