Volkie se o.15 A krieketspan het onlangs ‘n historiese oorwinning in die Finsbury A-afdeling eindstryd behaal.
Volgens Wynand Schmitt, direkteur van Krieket by Volkies, is dit die eerste keer ooit wat ‘n span van die Noordwes die Finsbury A-afdeling wen.
Volkies het Saterdag teen Waterkloof in die eindstryd te staan gekom. Volkies het eerste gekolf. Waterkloof se boulaanval was goed en het die Potchefstromers almal uitgehaal vir 111. Moses Kgokone 28 (39) en Pierre Joubert 26 (57) het die Volkies se beurt ge anker.
Waterkloof het ingestap om te kolf waarna Volkie se boulers hulle gewys het waar Dawid die wortels begrawe het. Pierre Joubert 3-41, Riekert Kruger 2-6 en Ethan Stroh 2-20 was die angel wat die Waterkloof kolwers almal uitgehaal het vir 102. Volkie swen die wedstryd met nege lopies.
Volgens Schmitt, was dit ‘n bestendige Finsbury veldtog, met die eerste span wat vierde eindig.
“Die skool eindig algeheel derde agter Waterkloof wat eerste eindig en Menlo Park wat 2de eindig (3 punte voor ons),” het hy gesê.



