
Die Hoërskool Wolmaransstad het die afgelope naweek, in die NWU super 16 reeks teen Vryburg te staan gekom.
Die manne van Wolmaransstad moes in ‘n taai wedstryd 10 -8 die knie teen Vryburg buig.
Volgens Arno van Loggerenberg, Wollies se 1ste span afrigter, is dit ‘n wedstryd wat albei kante toe kon gaan.
“Ons het die gebiedsvoordeel gehad, maar kon net nie punte op die bord kry nie,” het hy gesê.
Wollies reis komende naweek na Fochville wie die afgelope naweek vir Schoonspruit met 6 – 20 geklop het.
Vir die nuutste plaaslike rugby nuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



