
Die Luiperds moet Saterdag die Griffons by Olenpark verwelkom. Dit nadat die Luiperds ‘n groot loesing by die CHeetahs verlede week gekry het.
Die Noordwesters het verlede week Bloemfontein toe gereis om die Cheetahs aan te pak. Die Cheetahs het ‘n weghol oorwinning van 69-0 in die Rosestad beklink.
Daar is niks meer gevaarlik as ‘n gewonde Cheetah nie, en die Bloemfonteiners het hulle naam in ere herstel na ‘n verrassende verloor teen Boland die vorige week.
Die Griffons het het ‘n naelskraap oorwinning oor die Boland behaal, wat vir die Luiperds dalk gevaarligte laat flits. Die span van die Noord Vrystaat wat vir twee jaar in die A afdeling van die Curriebeker gespeel het, kan dalk die Luiperds se Sa Beker veldtog nog verder versuur.
Tog sal Matt Proudfoot se troepe nie, vir die Griffons ‘n maklike wedstryd gee nie. Hulle sal aanhou veg, veral met tuisveld voordeel.
Die Luiperds is tans heel onder aan die SA beker punteleer, maar moet nog teen die Grens en OP speel, waar hulle waarskynlik punte sal opmaak.