Sport

Arende maak lewe moeilik na verlies teen Tuks

Die Arende moet nou albei hulle laaste twee wedstryde teen UJ en CUT wen.

Die NWU Arende se plek in die halfeindstryd van die Varsitybeker is nie meer in hulle eie hande nie. Dit nadat hulle Maandagaand teen Tuks in Pretoria met 26-17 verloor het.

Aanvanklik het dit gelyk of die Arende hulle teesntanders gaan domineer, met goeie spel in die eerste 10 minute. Tuks het ‘n speler verloor, waarna die NWU nie kon kapitaliseer nie. Inteendeel dit was die Pretorianers wat met 14 man op die veld, die dooiepunt gebreek het. Dit kon teen halftyd nog enige kant toe gaan met Tuks was 7 punte voor was toe spanne gaan water drink vir halftyd.

Die energie van beide spanne het nie in die tweede helfte ageneem nie. Indiphile Tyeda het terug geslaan vir die Potchefstromers om sake weer gelyk te stel. Tuks het dadelik weer teruggeslaan om weer die voortou te neem. Tog het die Arende nooit gaan lê nie. Die Potchefstromers het weer gaan druk, om doe wedstryd binne twee punte te hou op 19-17.

Tuks het die laaste sê gehad, en weer gaan druk om die telling 26-17 te maak.

Die Arende moet nou albei hulle laaste twee wedstryde teen UJ en CUT wen en hoop dat Shimlas of Ikeys hulle oorblywende wedstryde verloor vir die Arende om ‘n plek in die top vier te behaal.

Shimlas en Ikeys speel komende Maandagaand teen mekaar. Waarna Shimlas vir Tuks aandurf en Ikeys vir CUT die stryd aansê.

Volgens Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU, was dit ‘n baie taai fisiese stryd, waar die Potchefstromers net te veel foute gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button