Dit is vanaand die laaste hekkie voor die Varsitybeker na die uitklop rondtes skuif.
Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU, hoop dat die nie die heel laaste hekkie vir sy span is nie. Die Potchefstromers se veldtog is nie meer heeltemal in hulle eie hande nie, maar hulle het ‘n goeie kans om deur te dring. Die Arende moet vanaand op die Fanie teen CUT wen, en dan hoop Tuks klop vir Shimlas. Eintlik kan die Arende selfs gelykop speel solank die Shimlas hulle wedstryd verloor. Selfs al verloor die Arende maar met ‘n bonuspunt, en die Shimlas verloor sonder ‘n bonuspunt sal die Arende deurdring omdat hulle punte verskil baie beter is.
Shimlas sal een doel hê om vir Tuks wat tans bo aan die punteleer is te klop. Tuks gaan dit nie vir die Bloemfonteiners maklik maak nie. Hulle wil bewys dat hulle weer in die Varsitybeker hoort.
Aan die ander kant van die punteleer, gaan Wits ‘n oorwinning teen Maties moet beklink om hulle van outomatiese relegasie te red. Dit mits UJ teen Ikeys verloor, dié twee spanne van Johannesburg veg nou vir die reg om ‘n relegasie uitspeel wedstryd te kan speel. Dié uitspeel wedstryd sal waarskynlik teen die Madibaz, wees wat tweede in die Varsityskild geëindig het. Dit is maak of breek vir baie spanne in vanaand se Varsitybeker wedstryde.
Die NWU se wedstryd skop vanaand om 19:00 op die Fanie du Toit sportgronde af.



