
Die Luiperds het die afgelope naweek, hulle eerste wen van die SA-beker teen die Grens behaal.
Dit was so taai soos verwag in Oos-Londen, waar die Luipies 25 – 28 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Dit was ‘n belangrike oorwinning weg van die huis af, vir die Noordwesters wat nog ten minste twee oorwinnings, teen die Valke en SWD sal sal teiken.
Die SA beker is vir die Luiperds nog altyd as goeie voorbereiding vir die Curriebeker eerste afdeling gesien.
Die Luiperds se volgende wedstryd is in Gqeberha teen die Oostelike- provinsie. Die Luiperds sal hard moet werk vir nog ‘n oorwinning na die Baaise span die Cheetahs hard moes laat werk vir hulle 35 -47 oorwinning.



