
Hoërskool Ferdinand Postma, begin hulle Bayer liga veldtog komende naweek teen Christiana.
Die Potchefstromers reis Saterdag Christiana toe waar hulle, hulle eerste wedstryd van die Bayer-liga gaan speel. Ferdies i vol vertroue dat hulle vanjaar ‘n beker gaan wen.
Hulle het in hulle voorseisoen goed, teen HTS Potch en Potch Boys High gevaar, dié oorwinnings wys dat hulle selfs groter spanne kan aandurf.
“Ons weet Christiana gaan ons moeilikste wedstryd vir die seisoen wees. Hulle het verlede jaar die Bayer-liga gewen,” het Donnavan Serfontein, hoofafrigter van Ferdies gesê.
Ferdies het twee beserings wat hulle kanse bietjie gaan kortwiek, maar Serfontein is vol vertroue dat sy troepe vir hule eerste wedstryd gereed is.
“Ons het hard gewerk in die vakansie met ‘n oefenkamp so ek dink ons is gereed vir hulle, maar weet dit gaan nie net maklik gebeur nie,” het hy gesê.
Ferdies se 1ste XV se wedstryd skop om 15:00 op Christiana se velde af.



