Daar was op Dinsdag, 6 Mei, groot wedywering tussen die twee groot laerskole in Potchefstroom.
Laerskool Mooirivier het Laerskool Bailliepark na Tokkie-land verwelkom in die eerste liga wedstryde van die seisoen. Tokkies het op die rugby-veld oorheers, met al die spanne wat oortuigend gewen het.
Tokkies se voorbereiding met onder andere deelname aan die Super 12 was op die dag van onskatbare waarde. Tokkies speel volgende week Dinsdag, 13 Mei in Klerksdorp teen Saamtrek, terwyl Baillies nog Klerksdorpers van Laerskool Lahoff verwelkom.
Die volledige rugby resultate is soos volg:
o.8A: 36 – 7
o.8B: 46 – 0
o.9A: 40 – 7
o.10A: 21 – 7
o.10B: 52 – 0
o.11A: 41 – 0
o.13C: 56 – 0
o.13B: 31 – 0
o.13A: 32 – 7



