SportSport

Volkies krieket sterre blink uit in Durban

Volkies se krieketspanne het gedurende die vakansie landwyd hul staal gewys met sterk vertonings. Louis van Wyk vier sy 100ste wedstryd, terwyl jong spelers soos Mofenyi Olaniran en Zander Nel die toekoms van Volkies-krieket helder laat skyn.

Volkies se krieketspanne het gedurende die vakansie aan verskeie toernooie en toere deel geneem.

Die spanne het onder andere aan ‘n tuis toernooi wat saam met Gimmies aangebied is deelgenem. Die 1ste XI, 2de XI en o.15A het ook in Durban gaan toer terwyl die o.15B ook in Pretoria by Montana gaan speel het.

Louis van Wyk is tydens die toer sy 100ste 1ste span wedstryd gespeel. Marques Ackerman, die Dolphins en SA A spanne se kaptein, het aan Van Wyk sy 100ste “cap” oorhandig.

Volkies se 1ste XI het teen Clifton, Durban High School, Northwood en Glenwood gespeel. Die Potchefstromers het twee uit die vier wedstryde gewen.  Louis van Wyk was in die kol met die kolf en maak 45 en 75 lopies teen Clifton en Glenwood onderskeidelik.  Andries Venter het met bal in hand amok gemaak veral  teen DHS en Glenwood waar hy 3 en 5 paaltjies gevat het.  Eduan van der Merwe het 51 lopies teen DHS aangeteken, terwyl Nolan Roets en Johandre Jacobs ook elk 3 paaltjies geneem het.

Volkies se jong sterre, het 3 uit hulle 4 wedstryde in Durban gewen. – Mofenyi Olaniran, Daniel Jacobs, Zander Nel, Hanru Combrinck en Pierre Joubert het vir die jong Volkies uitgestaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button