SportSport

Gimmies wen in doodsnikke teen Dinamika

Gimmies se eerste XV het 'n strafdoel oorgeskop om 'n spanningsvolle 27–24 oorwinning teen Dinamika te beklink.

Gimmies het die naweek Dinamika toe gereis waar hulle ‘n naelskraap 24-27 oorwinning behaal het.

Die Potchefstromers het die wedstryd in die doodsnikke, danksy ‘n strafdoel gewen. Die oorwinning vir Gimmies is soveel soeter, omdat ‘n paar beserings die span bietjie gekniehalter het.

Volgens Regardt Kleingeld, direkteur van Rugby by Gimmies, moes die span hard veg om die wen deur te trek.

“Ons was gemaklik voor halftyd, maar toe laat ons toe dat Dinamika terugkom. Ons het aanhou veg en aan die einde toe skop ons die strafdoel oor vir die wen. Dit is alles net ‘guts’ ek het nog nooit so groep seuns gesien met so baie guts en wat hulle lywe elke naweek op die spel plaas nie. Dit is wat mens nodig het om die Noordvaal te wen,” het Kleingeld verduidelik.

Gimmies het vyf uit die nege wedstryde op die dag teen Dinamika gewen. Die Potchefstromers se volgende uitdaging is komende naweek in ‘n tuisstryd teen Eldoraigne. Die Pretorianers gaan hard kom om hulle promosie droom te laat aanhou leef.

“Dit is ‘n nuwe uitdaging waarvoor ons nogal uitsien,” het Kleingeld verduidelik.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button