Beide die Noordvaal-bowl afdeling se halfeindrondtes sal in Potchefstroom beslis word. Dit nadat Gimmies en Volkies se 1ste spanne, as een en twee onderskeidelik gekwalifiseer het.
Volkies het ‘n goeie sege teen Dinamika van 32-22 in Alberton behaal terwyl Gimmies naelskraap 18-17 vir Bergsig geklop het. As dinge goed gaan, is daar ‘n Classic Clash 2.0 wat op Potchefstromers wag.
Eers moet die twee Potch skole hulle wedstryde komende naweek wen. Volkies is teen Bergsig in aksie, terwyl Gimmies vir Jeugland verwelkom.
“Ek is trots op hierdie outjies wat so elke naweek hulle lywe so op die spel sit. Ons is ook baie bly vir Volkies dat hulle ook ‘n tuis semi het. Dit is baie goed vir die dorp,” het Regardt Kleingeld, Direkteur van rugby by Gimmies gesê.
Die besering spook het bietjie by Gimmies kom draai die laaste paar wedstryde maar die span sal versterk word met meeste van die beseerdes wat komende naweek weer terug op die veld sal wees.
“Dit is nou ‘n ander denkwyse, dit gaan nou oor die wen, nie meer oor punte vir die punte leer nie,” het Kleingeld gesê.
Gimmies se 1ste XV en o.14s speel in die halfeindrondte.
Slegs Volkies se 1ste XV het vir die halfeindrondtes gekwalifiseer. Vir die skool sal hulle hoop Dinamika se spanne val vas en Volkies wen die liga om hulle promosie droom waar te maak. Dinamika het drie spaane in die halfeindrondtes, terwyl Eldoraigne ook nog twee spanne in die wedloop het. Eldoraigne kan ook nog promosie kry as resultate na hulle kant toe gaan. Die skool wat vanjaar uit die Bowl uit promoveer word sal eers na die eindstryd bepaal kan word.
Volgens Mighael de beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, sie nhulle uit na die halfeindrondte.
Ons vat dit glad nie ligtelik op nie. As jy teen ‘n span in ‘n semi finaal speel dan weet jy hulle is goed. Ons wil graag die Suiddorp trots maak hier op ons tuisveld,” het de beer verduidelik.



