SportSport

Potch oorrompel Grey College met 155 lopies

Potch Gimnasium se 1ste span Grey College met 155 lopies geklop. Ulrich Botha, Henré Cronje en Jahndré Coetzee het met die kolf in hand geskitter, terwyl jong snelbouler Ruhann Steenkamp die boulwerk domineer het.

In ’n opwindende krieketwedstryd het Potchefstroom Gimnasium se 1ste XI op 13 September, Grey College met ’n indrukwekkende 155 lopies geklop.

Gimmies het eerste gekolf en ’n mededingende totaal van 239/8 op die bord gesit. Ulrich Botha (59), Henré Cronje (47) en ’n onoorwonne Jahndré Coetzee (41*) het die span geanker en ’n uitdagende teiken vir Grey College geskep.

Grey College het onder konstante druk gesukkel en is almal vir 84 lopies uitgehaal. Uitsonderlike boulwerk het van Ruhann Steenkampgekom,  wat ’n fenomenale 5/15 geneem het, saam met Damian Kruger (3/25) en Jahndré Coetzee (2/16).

Jandré Jacobs, krieketdirekteur van Gimmies, het die span se prestasie geprys:
“Ek dink die seuns het baie hard gewerk. Die teleurstellende resultate teen Affies het hulle net meer gemotiveer. Hulle was vasbeslote om mense verkeerd te bewys en het hul taak uitstekend uitgevoer. Ons het groot respek vir Grey College, maar die seuns het nie deur die groot naam geïntimideer gevoel nie. Ons boulwerk was fantasties, ons het konstante druk op Grey geplaas, en die veldwerk was van baie hoë intensiteit. Die 16-jarige Ruhann Steenkamp het weer gewys hy is ’n groot talent en die toekoms van Gimnasium se snelboulers.”

Uitslag:

  • Potch Gimnasium: 239/8

    • Ulrich Botha 59, Henré Cronje 47, Jahndré Coetzee 41*

  • Grey College: 84 al uit

    • Ruhann Steenkamp 5/15, Damian Kruger 3/25, Jahndré Coetzee 2/16

Resultaat: Potch Gimnasium wen met 155 lopies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button