Gimmies het Saterdag ‘n historiese oorwinning oor Volkies behaal. Dit is die eerste keer in 12 jaar dat Gimmies vir VOlkies met beide hulle eerste XI en o.15A spanne klop.
In ‘n krieket Classic Clash, het Gimmies en Volkies mekaar in die Noordwes-liga die stryd aangesê. Gimmies se o.15A span het vroeër in verlede week hulle kragmeting teen hulle bure gewen.
Gimmies het eerste gekolf en teken 187/9 na 45 beurte aan. Volkies het 161 lopies aangeteken voor al hulle paaltjies geval het.
Volgens Jandré Jacobs, Direkteur van Krieket by Gimmies, was dit n goeie wedstryd gewees.
“Ons het onsself in ‘n moeilike posisie geplaas. Volkies het slegs omtrent 50 lopies vir die wen gekort. Hulle het ook nog agt paaltjies oor gehad. Die outjies het hard gewerk en die paaltjies gevat. Dit was wonderlik, ons werk al heel jaar hard en dit het in die wedstryd weer gewys,” het Jacobs verduidelik.
Wynand Schmitt, direkteur van Krieket by Volkies, was Volkies in albei wedstryde in sterk posisies gewees.
“Ons het kanse gehad by altwee spanne om die wedstryd te wen, wat ons nie gebruik het nie,” het Schmitt gesê.
Gimmies staan nou op die rand om nog meer geskiedenis te maak, mits hulle o.15A en 1ste XI op 18 Oktober vir Rustenburg wen. Dit sal dan die eerste keer wees wat Gimmies die Noordwes-liga met albei sy A-spanne wen.



