Die NWU het op 29 September die kroon as Netbal kampioene opgesit.
Dit nadat hulle die verdedigende kampioene, Kovises, met 57-49 in Bloemfontein geklop het. Die NWU moes diep grou om die oorwinning te beklink. In die laaste kwart, was hulle nog vyf doele agter die heersende kampioene gewees.
Hulle het met slim spel hulle opponente in die laaste oomblikke van die stryd uit oorlê. Sunel Smit is as die speler van die wedstryd gekies, na haar besonderse bydrae tot die oorwinning.
Die tuisskare wat heel wedstryd luidkeels vir die Kovsies geskree het, het in die laaste 15 minute al stiller begin word, soos die NWU, hulle greep op die wedstryd begin versterk het.
“Elke aangee, elke onderskepping, elke doel was vir hierdie oomblik. Julle het die hele NWU Eagles-gemeenskap geweldig trots gemaak! Die trofee kom huis toe,” het die universiteit in verklaring oor die oorwinning gesê.
Dit is die derde keer dat die NWU die Varsity netbal toernooi wen.



