Om 16 paaltjies tydens ‘n nasionale krieketweek te neem is glad nie te versmaai nie. So ook nie om 243 lopies in vier wedstryde by hierdie toernooi te moker nie.
Volkies se AW van der Merwe het 16 paaltjies laat tuimel vir die Noordwes o16-span, terwyl Gimmies se Ulrich Botha 243 lopies met die kolf aangeteken het. Hy het drie vyftigtalle, met ‘n hoogste telling van 94 behaal.
Tydens hierdie toernooi wat in die Paarl plaasgevind het, is Van der Merwe vir sy boulwerk as die bouler van die toernooi in die goue afdeling aangewys.
Sy beste boulsyfers was ‘n skitterende 6/24 teen die Dolphins.
Volkies se Sihle Duma het ook ‘n paar goeie beurte insluitend ‘n vyftigtal aangteken.
Lees die volledige berig met al die telkaarte in hierdie week se gedrukte uitgawe van die Potchefstroom Herald, beskikbaar vanaf 8 Januarie.



