Potchefstroom Gimnasium en Saints Christian School gaan Potch se naam hoog hou hierdie naweek (16-18 Januarie) in die Schools SA20 kriekettoernooi. Hierdie toernooi vind in Potchefstroom by verskeie velde in die dorp plaas.
Albei skole neem hierdie naweek in die Sentraal-fase van dié toernooi deel. Die beste skole van Noordwes, Noord-Kaap en die Vrystaat kompeteer hier teen mekaar.
Die wenners van hierdie fase sal dan na die nasionale been van die kompetisie vorder met die geleentheid om as die land se beste skole T20 span gekroon te word.

Gimmies speel teen Trio vanoggend om 09:30 op die NWU Oval voordat hul om 14:00 op dieselfde veld teen St. Patricks CBC te staan kom.
Hul taaiste uitdaging sal teen St. Andrews van Bloemfontein wees. Hierdie laaste poelwedstryd vind op Saterdag 09:30 op die Ibbies Oval plaas.
Die half-eindstryde sal om 14:00 plaasvind. Die finaal van die seuns kompetisie vind op Sondag,18 Januarie op die J.B Marks Oval om 09:30 plaas.

Saints Christian School kom met talle selfvertroue in dié toernooi in nadat hul verlede jaar as nasionale naaswenner gekroon is.
Hul vat vir Witteberg om 09:30 aan vanoggend op die Witrand Oval. Daarna speel hul op Saterdag, 17 Januarie teen St. Patricks CBC op Witrand om 09:30.
Die dogters-eindstryd is later dieselfde dag om 14:00 op die J.B. Marks Oval, die tuiste van die Noordwes Dragons.
Name om dop te hou
Gimmies: Ulrich Botha – Kolwer
Christivan Coetzer – Kolwer
Saints:
Reabetswe Dithipe – Veelsydige speler
Jessica Joshua – Kolwer en paaltjiewagter.



