Die NWU gaan vanaand (Maandag, 23 Februarie) hulle eerste tuiswedstryd teen die Emeris met stabiliteit in. Die NWU gaan met die dieselfde 15-tal in die wedstryd speel as teen die CUT-Ixias die vorige Maandag. Die plaasvervangerbank bly ook dieselfde.
Stephan Krugel sal weer die span op die veld lei teen ‘n Emeris-span wat nog heel onbekend is.
Die NWU se span teen die Emeris
Die wedstryd skop om 16:45 op die Fanie du Toit-sportgronde af.
Die NWU Young Guns speel ook hulle eerste wedstryd vanjaar teen Maties om 14:00 as ‘n voorwedstryd vir die hoof Varsitybekerstryd.
Die NWU se jongelinge sluit twee bekende plaaslike rugbyspelers in met die voormalige Gimmie-vleuel, David Ndala en Volkie-flank, Christoff Nel, wat in die begin XV-tal uitdraf.







