Daar is min onderwysers so sinoniem met Potchefstroom Gimnasium as mnr. Tommie Ferreira.
Hierdie atletiekafrigter en musiekonderwyser is al vir meer as vier dekades (46 jaar) betrokke by Gimmies en op 75-jarige ouderdom gaan hy nog sterk aan.


Mnr. Tom, soos baie hom ook noem, was oudergewoonde op die baan met ‘n breërandhoed tydens die onlangse Gimmie-Ferreira Prestige atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 28 Februarie plaasgevind het. Dit was ‘n week om te onthou, met sy verjaarsdag wat ook op 25 Februarie by die skool gevier is.
Meneer Tommie het ‘n ongelooflike nalatenskap as atletiekafrigter met 145 medaljes wat sy atlete deur die jare by die SA Kampioenskappe behaal het. Hy is ook as afrigter saam met die SA Junior Atletiekspan na Frankryk in 1998, wat een van vele hoogtepunte is vir hierdie afrigter wat in verspring, hekkies en naellope talle top atlete opgelewer het.


By die Gimmie-Ferreira Prestige atletiekbyeenkoms het Gimmies se top atlete teen Hoërskool Transvalia, Bergsig Akademie en Hoërskool Kempton Park deelgeneem.
Dit was ‘n fantastiese dag waar die liefde vir atletiek, sportmangees en gesonde kompetisie op die voorgrond was.
Gimmies se top atleet op die dag was die gewigstoot en diskuskampioen, Imké Bornman was ad die beste dogters veldatleet en die trofee vir die beste prestasie van die dag ontvang het.
Logan Botes is as die beste seunsveldatleet aangewys.
Atlete met meer as 800 punte:
Doneli Steynberg – gewigstoot & diskusAlrike Hattingh – 800 m & 300 m hekkies
Conner Hollenbach – 110 m hekkies
Jone Bibbey – 100 m
Rea Manyaapelo – 100 m
Wihané Coertzen – 200 m & hoogspring
Armin Opperman – gewigstoot
Mia van den Berg – 200 m
Anabél van Pletzen – 90 m hekkies
Sanmari de Jager – 100 m
Conner Hollenbach – 110 m hekkies
Jone Bibbey – 100 m
Rea Manyaapelo – 100 m
Wihané Coertzen – 200 m & hoogspring
Armin Opperman – gewigstoot
Mia van den Berg – 200 m
Anabél van Pletzen – 90 m hekkies
Sanmari de Jager – 100 m
Imké Bornman – diskus & gewigstoot
Logan Botes – diskus
Hayley Lues – 90- & 300 m hekkies
Lizé van Zyl – 100 m & 100 m hekkies
Lize du Plessis – 200 m
Vinaldo Spamers – diskus & gewigstoot
Dianie du Preez – 100 m & verspring
Damian Zwahlen – spiesgooi
Katlego Mphamo – 100 m hekkies
Keilla Chatambudza – 400 & 100 m hekkies
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





