SportSport

Rugby uit die boonste rakke hierdie Saterdag op Olënpark

Potch Dorp se eerstespan gaan teen die manne van Hartbeespoort, Northam Wolves, te staan kom om 18:15 vir die Phillip van Rensburg-trofee.

Rugbyliefhebbers kan solank hul ondersteunerstruie uit die kas haal en hul stemme opwarm vir ‘n rugbydag soos min hierdie Saterdag, 28 Maart op Olënpark.

Die eindstryde van die Phillip van Rensburgbeker en Mervyn Taylor-skild sal die beste klubrugby in die provinsie ten toon stel, terwyl die Luiperds en Grens mekaar in die SA Beker om 15:00 aandurf.

Beide die Luiperds en Grens het nog nie ‘n oorwinning in vanjaar se SA Beker behaal nie en albei spanne sal 100% gee om met die louere weg te stap.

Potch Dorp Rugbyklub se eerste en tweede spanne speel onderskeidelik vir die Phillip van Rensburg-trofee en die Mervyn Taylor-skild. Foto: Liezl Scheepers.

Potch Dorp Rugbyklub het ‘n gulde geleentheid om met ‘n beker en ‘n skild van die veld af te stap met hul eerste en tweede spanne wat in eindstryde betrokke is.

Potch Dorp se eerstespan gaan teen die manne van Hartbeespoort, Northam Wolves, te staan kom om 18:15 vir die Phillip van Rensburg-trofee. Dit behoort ‘n briljante stryd tussen twee sterk klubspanne te wees. Potch Dorp sal tuisveldvoordeel wil gebruik om die beker te lig.

Dorp se tweedes kom teen Zeerust Rugbyklub te staan vir die Mervyn Taylor-skild om 16:45.

Toegang is gratis.

Program vir Saterdag, 28 Maart

A-Veld

10:30 – NWU (Mahikeng) teen Sibanye Still Lion

12:00 – Hurricanes teen Leeudoringstad

15:00 – Luiperds teen Bulldogs

16:45 – Zeerust teen Potch 2

18:15 – Wolves teen Potch 1

B-Veld

11:30 – Harmony teen Vryburg

13:00 – Klerksdorp teen Ikageng

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button